top of page
Matthew en Gretchen
11 januarie 2025
Twee lewens, twee harte, twee siele word een.
Kom deel in die vreugde wanneer ons,
ons liefde beloof aan mekaar.
Ons liefde
Hier is ons nou, in afwagting op die amptelike dag waar ware liefde in klip gekerf word vir altyd. Wie het gesê hoërskool liefde sal nie hou nie? Dis waar wat hulle sê, trou met jou beste pel. Van hoërskool af saam mekaar gekom, matriekafskeid dates en oor ‘n paar maande – sielsgenote.
Uit eindelik, soos pikkewyne, het mannetjie vir wyfie ‘n klippie gebring en sy lewe, liefde, toewyding en deurnis aan haar belowe. Wyfie is te bly want wyfie kan nou haar droomgeskepte wit rok dra en tussen geliefdes, in haar prag, oë gerig op n kansel waar beloftes gemaak word en ń ewigheid aan mekaar belowe word.
Vir twee mense wat deur hoë waters geswem het, maar nooit van mekaar se hande laat gaan het nie, berg op en berg af gestap het, kaalvoet (soos karlien gesê het) om by mekaar uit te kom. Jong harte, steeds simpel verlief, doelgerig op mekaar. Vinnig geleer dat afstand geen liefde kan breek nie. Ons het ons fondasie sterk neergelê, nooit mekaar se hand gelos nie. Ons het op die mooiste plek verloof geraak die 7de Januarie 2022 op Bloubergstrand. Ons kan saam lag, saam huil en deur al die seisoene van die lewe mekaar se hande styf vashou.
Ons is nie jou average couple nie. Ons droom groot, werk hard en bou aan ons toekoms saam. Vir hierdie liefde het ons meer respek as vir enigiets anders. Liefde wat brand, maak nie saak hoe die weer lyk nie. Liefde wat ons lig, sterk en kalm laat voel. Liefde gevestig in Hom, deur Hom, saam Hom. Ons is buitegewoon - en kinderlik opgewonde om hierdie groot dag, ons dag, met ons geliefdes te deel.
TYD
Alle gaste sit om 15:30
KLEREDRAG
Formeel
KROEG
ADDISIONELE GASTE
GESKENKE
Kontantkroeg beskikbaar
Metgesel slegs per uitnodiging.
Ons nessie is reeds geveer, maar ń geldjie sal ons waardeer!
AKKOMMODASIE
Akkommodasie op die perseel beskikbaar vir elke gas wat bywoon.
Langs Haar
MAID OF HONOUR
BRIDESMAID
BRIDESMAID
BRIDESMAID
BRIDESMAID
Monique
Chenene
Izarne
Imke
Natasha
Langs Hom
BEST MAN
GROOMSMAN
GROOMSMAN
Waldo
Elrico
Daniel
bottom of page